FAQs

Wanneer is die RSVP-sperdatum?
RSVP asseblief teen 20 Mei, sodat ons ‘n akkurate gastelys kan hê. 🙂

Kan ek ‘n maat saambring?
Kyk asseblief op jou uitnodiging vir jou +1!

Is kinders welkom?
So lief as wat ons vir julle kleingoed is, sal hulle ongelukkig nie by die seremonie of onthaal ingesluit wees nie. As jy hulle wil saambring, is dit op jou eie koste en laat weet ons asseblief vooraf.

Hoe gaan die weer wees?
Wel!! Ons bly in Suid-Afrika, so enigiets is moontlik, maar bring asseblief ‘n warm baadjie saam.

Waar moet ek parkeer?
Daar is volop gratis parkering naby die ingang van die onthaal.

Is die seremonie- en onthaalplek rolstoelvriendelik?
Ja

Wat moet ek aantrek?
Kyk asseblief na ons skedule vir die kleredragkode.

Is die troue binne of buite?
Binne

Watter tipe skoene moet ek dra/nie dra nie?
Roep al die dames! Moenie stiletto-hakke dra nie. Ek herhaal, moenie stiletto-hakke dra nie. Daar is baie gras- en grondareas waar jy dalk moet loop, so dra dikker hakke of sandale. Ons wil nie hê julle moet mooi skoene bederf of enkels breek nie!

Mag ons foto’s met ons fone en kameras neem tydens die troue?
Ja! Ons sal daarvan hou as julle foto’s neem en deel. Maar asseblief, moenie tydens die seremonie foto’s neem nie.

Ken Christelle & Colin

Wie gaan die asblik uithaal?
Wie ook al die naaste aan die asblik is 🙂

Wat was julle mees onvergeetlike afspraak?
Ons het een van ons eerste afsprake by Karoo gehad. (Reeds gedeel)

Wat is julle gunsteling aktiwiteit saam?
Ons hou daarvan om saam golf te speel.

Waarheen gaan julle op jul wittebrood?
Enige plek met pragtige strande!

Wat is die beste ete wat julle saam geëet het?
Ons (oftewel Colin) het onsself bederf met ‘n vyf-gang maaltyd op Valentynsdag by Diep in die Berg

Wat was julle mees onvergeetlike reis saam?
‘n Reis na die wildtuin saam met my ouers 🙂

Ons stem saam oor
Wat vir ons belangrik is. En dit is om tyd te spandeer met die mense vir wie ons die liefste is. (Julle almal!)

‘n Lewensdoel van ons
Om nader aan God te groei en ‘n voorbeeld te wees van ‘n gesonde verhouding.

Ons is gereeld by…
Kimiad en enige gholfbaan.