Ons storie

Colin en ek het mekaar by Padstal in Pretoria ontmoet – ek was daar saam met my vriende, en hy met syne.

Hy was eintlik die eerste een wat ‘n boodskap gestuur het, nadat hy op ‘n foto van my ‘n comment gelewer het waar ek op ‘n bakkie sit en na die sonsondergang kyk. Al was ek aanvanklik ‘n bietjie moeilik, het sy belangstelling in my net gegroei, en van daar af was ons onafskeidbaar.

Ons eerste amptelike date was by Karoo-restaurant in Irene Mall. Ná ete het ons teruggestap na my motor toe, en toe ek my handsak neersit, sien hy ‘n ronde voorwerp op die agtersitplek. Ek het gedink dis ‘n air freshener, maar tot ons groot vermaak, was dit ‘n pie-mat vir mans! Ons het onbedaarlik gelag – en so het ons reis saam begin.

Nou sien ons uit daarna om die res van ons lewens saam deur te bring.